Protea Atlas Logo
  Home
  Mission
  Overview of Project
  Project Staff
  Sponsors
  Achievements
  Checking, Illustrations
  Upcoming Activities
  Id and  Species Lists
  Protea Information
  Protea Gallery
  Growing Proteas
  Interim Dist. Maps
  Publications
  Afrikaanse Inligting

  SANBI

Sleutel vir dir Orothamnus Genus


Genus OROTHAMNUS: Die Vleiroos

Die genus Orothamnus is duidelik onderskeibaar van al ander genera omdat die bloeiwyses hang, en omring is deur groot, pienk, harige omwindselskutblare, wat lyk soos die blomblare van 'n roos. Die Vleiroos is die naaste verwant aan die "Tube Pagodas", met die bloeiwyses van Orothamnus ekwivalent aan die Mimetes se pseudanthia. Die hoofverskil tussen Orothamnus en Mimetes is dat die Vleiroos se bloeiwyses aan die punt voorkom en nie aksiaal soos in Mimetes nie. Die stam groei dan verder boontoe vanaf 'n aksiale ogie. Op hierdie wyse kan verskeie bloeiwyses vorm gedurende die blomtyd.

Die genus is beperk tot die Kogelberg en Kleinmond se berge, met 'n enkele bevolking naby Hermanus. Daar is net een spesie in die genus.

Orothamnus zeyheri MARSH ROSE BERGROOS Omwindselskutblare ovaal, 20-40 mm lank, 20-40 mm wyd, harig, gerangskik in 4-5 kranse, pienkrooi.


Terug Protea Inligting in Afrikaans