Protea Atlas Logo
  Home
  Mission
  Overview of Project
  Project Staff
  Sponsors
  Achievements
  Checking, Illustrations
  Upcoming Activities
  Id and  Species Lists
  Protea Information
  Protea Gallery
  Growing Proteas
  Interim Dist. Maps
  Publications
  Afrikaanse Inligting

  SANBI

Sleutel vir dir Hakea Genus


Genus HAKEA Die Needlebushes

Die genus Hakea is as 'n heiningplant in Suid-Afrika vanaf Australië ingevoer. Hakea saligna is 'n baie populêre heiningplant in baie gebiede van die land. Tot nog toe veroorsaak dit nie probleme in fynbos nie. Van die 80 Australiese spesies, is drie in Suid-Afrika probleemplante wat vinnig versprei en groot gebiede van fynbos inneem. 'n Inheemse fungus het begin om hulle groei te vertaag. Verskillende soorte kewers is ingevoer om hierdie onkruid in toom te hou. Genoeg van hierdie plante sal behoue moet bly sodat daar 'n voldoende bevolking kewers aan die lewe kan bly. As die Hakea te drasties verminder, kan die kewers heeltemal uitsterf en mettertyd kan die Hakea dan weer 'n pes word.

Hakeas kan herken word aan hulle harde naaldvormige blare; die blomme groei nie in 'n hoof nie, maar soms aksiaal, of gegroepeer in katjies. Die blomme verskil van die meeste Afrikaanse Proteaceae daarin dat elke blom twee sade het. 'n Harde, houtagtige kokervrug beskerm die twee sade teen brande.

Hakea is verwant aan die Australiese genus Grevillea, die beste bekend in Suidelike Afrika as Grevillea robusta die SILWEREIK. Die hoofverskil tussen die twee genera is dat Hakea, anders as Grevillea, sy sade beskerm in 'n harde, houtagtige kokervrug.

Hakea sericea SILKY NEEDLEBUSH SYERIGE HAKEA Blare naaldagtig, 30-40 mm lank, 1 mm wyd.

Hakea gibbosa ROCK NEEDLEBUSH HARIGE HAKEA Blare naaldagtig, 40-80 mm lank, 1-2 mm wyd

Hakea suaveolens SWEET NEEDLEBUSH SPELDEBOS Blare verdeel. Blomme geproduseer in digte katjieagtige trosse. Kokervrugte lyk verlak.


Terug Protea Inligting in Afrikaans